50 hartsgesprekke met die Vader en bemoediging uit sy Woord.
Briewe is ’n intieme manier om met mekaar te kommunikeer. Gewoonlik wys ’n brief iets van jou hart se binnekant. Dit verklap jou drome, of vertel van jou smagting of vrese of diepste twyfel. Net so is ons gesprekke met God briewe waarin ons ons hart voor Hom uitstort.
Briewe aan God is ’n versameling van 50 van hierdie kort versugtinge, dankie-sê-sinnetjies en noodroepe aan God. Die briewe hanteer verskeie aspekte in die lewe, soos kwellinge oor ’n kind, die behoefte om ’n vriendin te vertroos, dankie-sê-briewe vir seëninge en nog vele meer. Ná elke brief is daar ook enkele Skrifaanhalings oor die onderwerp in die brief en ’n gebed.
Briewe aan God is doodgewone gesprekke en gebede op papier – gerig tot God – en geanker in sy Woord.
| ISBN |
|---|
Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.





Reviews
There are no reviews yet.