Bybelse antwoorde 300 geloofsvrae waaroor gelowiges kopkrap.
Is surrogaatmoederskap verkeerd? Wat het Kersbome met Kersfees te doen? Het diere siele? Kan ons vandag nog engele sien?
Etiese vrae soos dié maal daagliks in Christene se koppe. En dan is daar nog geloofsvrae soos: Wat beteken erfsondes? Wat is die regte manier van “rus” op die Sabbat/Sondag? Is dit verkeerd om Paasfees vir my kinders eiers in die tuin weg te steek?
In 300 Geloofsvrae en Bybelse antwoorde gee Riekert Botha Bybelsgebaseerde antwoorde op 300 van hierdie kopkrapper-vrae. Om naslaan te vergemaklik is die vrae onder 13 verskillende afdelings gesorteer wat insluit: die Bybel as Woord van God; kerk en gemeentelede; etiese kwessies; die wil van God; engele, gerubs en serafs; hemel en hiernamaals; sonde, verlossing en redding; en lyding.
Dié boek is van onskatbare waarde vir almal wat daarmee worstel om hulle geloof en daaglikse lewe bymekaar uit te bring.
| ISBN |
|---|
Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.





Reviews
There are no reviews yet.