The statistics are shocking – more than 60% of children in South Africa grow up without a father, and often lack a sense of belonging. Julian Jansen explores the harsh realities behind the statistics to find solutions. Looking at it from both a practical and spiritual perspective he draws on the latest research and insights gleaned from spiritual leaders and members of the community. Interweaving his own story, he can’t help but ask: Why did my brothers and I not become gang members?
“My pa se skaduwee was oral om en oor ons ses kinders, soms allerversmorend. Maar toe ons hom die nodigste gehad het, het hy net verdwyn en nooit weer teruggekeer nie. Vandag nog is daar steeds skadu’s in ons.”
Maar 60% van kinders in Suid-Africa word sonder ‘n pa groot. Dit lei tot ‘n groot gemis en ‘n gevoel va nerens behoort nie. Veral jong seuns raak vatbaar vir die invloed van bendes, wat aan hulle kits-kameraadskap bied.
Julian Jansen, joernalis van Rapport en skrywer van die topverkoper Die De Zalze-moorde, ondersoek hierdi harde werklikheid en vra wat hieraan gedoen kan word.
Hy kom met proktiese sowel as geestelike oplossings, gebaseer op due nuutste navorsing en sy gesprekke met mense wat daagliks met die situasie te doene kry en ‘n verskil probeer maak.
Julian verweef die feite ook met sy eie storie. Hy vertel van eie pa – die held maar ook die skurk van hulle gesin – en vra hoekom het hy en sy broers nie skollies geword nie? Op kritieke oomblikke was daar mentors – mense wie se positiewe ingrypings voorkom het dat hulle die pad byster raak.
Die boek is ‘n aangrypende en dringende wekroep oor een van die ernstigste probleme in ons samelewing.
“_ lees soos die tien gebooie van vaderwees en dwing jou om betrokke te raak – nie net by jou eie kinders nie, maar ook as held vir vaderlose seuns.” – Stefaans Coetzee




