Nader aan God, Nader aan mekaar – Ewald & Beatrix van Rensburg

R159.90

Compare

Nader aan God, nader aan mekaar bevat gesinsoordenkings om gesinne te help om nader aan God en aan mekaar te groei
Met kinders se besige skool en buitemuurse programme, en Ma en Pa se stresvolle loopbane, is dit geen wonder dat ons nie tyd het om as gesin saam godsdiens te hou nie. Nader aan God, nader aan mekaar gee die antwoord in die vorm van 52 kort, kragtige gesinsoordenkings wat gesinne sal help om nader aan God en aan mekaar te groei. Elke dag bied iets anders, waaronder spesiaal geselekteerde Bybelverse, aktiwiteite om saam te doen en uitdagings om maar net ’n paar te noem. Hierdie dagstukkieboek bevat ook handige ouerskapswenke vir ouers. Van die inspirerende temas sluit in: Die genade van mislukking, dodelike sondes en hul teenmaatreëls, om hoop in ’n gebroke wêreld te vind en om geloof soos ’n mier te hê.

ISBN

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.