Openbaring met al die beelde en tekens is nog altyd as een van die moeilikste boeke in die Bybel beskou. Baie mense lees dit nie omdat hulle net nie verstaan wat dit alles beteken nie.
’n Perspektief op Openbaring sal hierdie persepsie verander.
In hierdie boek bespreek Adrio König onder andere die betekenis van die getalle en simbole, die vreemde maniere waarop Openbaring gelees kan word, waarom dit geskryf is asook die skrywer en die tyd waarin dit geskryf is. Hy kyk ook na die verskillende standpunte oor Openbaring en die agtergrond waarteen dit gelees kan word. Daarna begin hy die boek Openbaring hoofstuk vir hoofstuk bespreek. Elke vers word verklaar om die betekenis duideliker te maak. Aan die einde van elke hoofstuk is daar enkele vrae wat goed gebruik kan word vir individuele of groepstudie.
’n Perspektief op Openbaring sal lesers nuwe insig en kennis gee oor die laaste boek van die Bybel.
‘n Perspektief op Openbaring – Adrio Konig
R139.90
Out of stock
Compare
SKU: 9781770006713
Categories: 04 | Books, Adrio Konig, Afrikaans, Algemeen, Authors, Bybelstudie, Einde Van Die Tye, Other - Authors
Tags: 'n Perspektief op Openbaring - Adrio Konig, boek van openbaring, Bybel studie, einde van tye, openbaring
| ISBN |
|---|




