n Sakpas-dagboek met 366 funky dagstukkies oor Jesus se boodskap spesiaal vir seuns.
Jong kinders word elke dag met moeilike besluite en verskillende opinies gekonfronteer en hulle moet leer om na Jesus se woorde te luister om sin te maak van die veranderende wêreld om hulle.
Jesus se woorde vir seuns is dagstukke spesiaal vir seuns van 8-12 jaar. Hierdie funky dagstukkies is vars en nuut geskryf om seuns in 366 dae te lei met Jesus se woorde oor temas soos omgee, deel, vergifnis, getuienis en om tot eer van Hom te leef. Carolyn Larsen het elke dagstukkie geskryf met ’n Bybelteks, boodskap vir die dag en ’n “Gaan leef dit”-afdeling om hul nuwe kennis prakties toe te pas.
Die jong leser sal ook baie hou van die unieke blad-uitleg in kleur.Hallo, Jesus! bevat vyf dagstukkies vir elke week en twee dae van lekker gesels.
Dit is spesiaal deur ouma en oudonderwyser Marinda Engelbrecht opgestel vir 5 tot 7-jariges. Die dagstukkies versterk kinders se geestelike groei en bou veerkragtigheid in moeilike situasies.
Temas sluit in:
• Die skepping
• Gehoorsaamheid
• Dankbaarheid
• Geskik vir 5-7 jaar
• Stel vriendelike toeganklike God voor
• Geskik vir selflees en saamlees
• Versterk gesinswaardes
• Moedig positiewe gewoontes aan
• Gee kans vir eerlike bespreking oor verskeie onderwerpe
• Ten volle geïllustreer
Die boek is geskik vir jonger leerders wat self kan lees maar ook vir saamlees met ‘n volwassene.







Reviews
There are no reviews yet.