Die geveg van jou lewe is reg voor jou. Op hierdie oomblik wil die vyand sy slinkse planne gebruik om verskeie areas van jou lewe omver te gooi. ’n Doelgerigte gebedstrategie sal jou meer help as wat jy ooit kon droom.
In ’n Vrou in gebed plaas Priscilla Shirer die dringendheid van ’n doelgerigte gebedsplan op die voorgrond. Sy identifiseer 10 areas vir strategiese gebed, waaronder identiteit, passie, gesin, vrese, reinheid en uitdagings.
’n Vrou in gebed rus vroue toe om hulle eie gebedstrategieë neer te skryf wat hulle gereeld vir hulleself en hulle geliefdes kan bid. Daar is skryfplek vir gebede agter in die boek wat uitgeknip kan word.
Priscilla speel die rol van Elizabeth Jordan in die fliek War Room en gebruik ’n Vrou in gebed om die beginsels uit dié fliek vir vroue deel van hul elkedagse lewe te maak.
Dié boek is ’n praktiese gids vir vroue vir kragtige, doelgerigte gebed.
| ISBN |
|---|
Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.





Reviews
There are no reviews yet.