Wat bid jy wanneer alles net te moeilik raak? Wanneer jy stres ervaar of depressief voel, wanneer die lewe oorweldigend of teleurstellend is, wanneer dit voel jy wil net tou op gooi? Dit is in sulke tye wanneer jy met onblusbare hoop moet bid, sê Jackie M. Johnson.
Met bemoedigende stories, Skrifgedeeltes en gebede wys Jackie lesers in Kragtige gebede vir moeilike tye hoe om te bidvir fokus, wysheid, selfvertroue, moed, genade, krag, betekenis en soveel meer. Die hoofstukke is volgens temas ingedeel sodat lesers die regte gebede vir hulle spesifieke behoeftes en situasies kan vind.
Kragtige gebede vir moeilike tye is ideaal vir enigiemand wat oorweldig voel deur die lewe en God se vrede wil ervaar.
| ISBN |
|---|




