Maak dit gebeur. Maak dat dit saak maak. Hier’s Hoe! ‘n Besluiteboek

R149.00

Out of stock

Compare

Outeurs: Gustav Gous, Lynette Beer, Bill Price, Wouter Snyman, Nadia Beukers, Tracey Lange, Lise Swart en ander..
41 sprekers, lewensafrigters en mentors help jou om ’n doelgerigte visie vir jou lewe en besigheid te ontgin en om dit wat regtig saak maak, te laat gebeur.
MAAK DIT GEBEUR. MAAK DAT DIT SAAK MAAK. is nie vir sissies of vir iemand wat ’n kitsoplossing soek nie. Dit is vir almal wat regtig wil verander, groei en hulle volle potensiaal wil uitleef.
Of jy ’n ma, beroepspersoon of ’n kreatiewe siel vol idees is, moenie toelaat dat vrees jou lewe dikteer en keer dat jy doelgerig leef en werk nie. Gustav Gous, Lynette Beer, Wouter Snyman en ander kundiges wys jou hóé.
Leer om NEE te sê vir dit wat jou terughou.
Sê JA vir alles wat jou sal neem na waar jy graag wil wees.
Neem risiko’s, neem aksie, en MAAK DIT GEBEUR.
Laat dinge gebeur – die regte dinge – wat SAAK MAAK.
MAAK DIT GEBEUR. MAAK DAT DIT SAAK MAAK. is ook ’n doelwitbeplanner, om 41 besluite te neem om jou op die wenpad te kry!

ISBN