In Gees en in Waarheid (Sagteband) By: Isak Burger

R119.00

Compare

In Gees en in Waarheid, Beleef vandag die krag en werking van die Heilige Gees in jou

Smag jy na ’n outentieke belewenis van die Heilige Gees?

As daar ooit ’n tyd was dat die Heilige Gees nodig is in die kerk en in die lewe van die gelowiges, is dit sekerlik vandag. En as die Heilige Gees ooit gewillig was om hierdie behoefte en leemte te vul, is dit vandag!

In In Gees en in Waarheid ondersoek Isak Burger die Persoon en werking van die Heilige Gees van Ou-Testamentiese tye af tot nou toe. Hy kyk na aspekte soos die Persoon en simbole van die Gees, hoe Hy betrokke was by Jesus se aardse bediening en die Vroeë Kerk, vervulling en salwing met die Gees, en tekens en gevolge van vervulling met die Gees.

Ons leef in ’n tyd waarin daar wêreldwyd ’n uitstorting is van die Gees soos nog nooit tevore nie. In Gees en in Waarheid is bedoel vir elke gelowige wat smag na ’n outentieke belewenis van die derde Persoon van die Drie-eenheid.

ISBN

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.