Vandag is geen gewone dag nie. Jy volg jou roetine, voel dalk ongeïnspireerd of miskien het jy net nie hoop vir vandag nie. Vandag kan egter die belangrikste dag van jou lewe wees, dit hang net af wat jy daarmee maak.
Joyce moedig jou aan om nie ’n minuut langer te mors nie. Daar is iets spesiaals, iets kosbaars in elke dag wat jy net moet raaksien. Wanneer jy daagliks tyd maak vir God en Hom vra om jou te help, sal jy die wonderlike doel wat Hy met jou lewe het, ontdek. Wanneer jy God toelaat om jou te lei, en nie jou teleurstellings bloot passief aanvaar nie, sal jy ontvanklik wees vir groter geluk en seën as wat jy ooit sou kon droom. Met meer as 40 jaar se ondervinding om ander te help om vervulling te ervaar, deel Joyce Bybelse insig en stories uit haar eie lewe wat jou sal help om elke oomblik ten beste te benut en elke dag wat vir jou voorlê, met albei hande aan te gryp.
| ISBN |
|---|
Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.





Reviews
There are no reviews yet.