Gebede vir my Kind – Edie Melson

R149.90

Out of stock

Compare

Gebede vir ouers wat hulle kinders elke dag en in alle omstandighede in God se sorg toevertrou.
Al wat jy eintlik vir jou kind kan doen, is bid. Tog kan ouers om verskeie redes nie elke dag by hulle kinders wees nie. Kinders gaan op skooluitstappies, hulle gaan universiteit toe of trek weg vir hulle werk.
Die gebede in Gebede vir my kind verwoord ‘n ouer se emosies wanneer jy daar wil wees vir jou kind, maar nie by hulle kan wees nie. In 9 hoofstukke deel Edie Melson gebede wat jy vir jouself en jou kind kan bid. Dit sluit gebede in om seën, beskerming en genade. Sy deel ook gebede wat jy vir jou kinders se vriende en onderwysers kan bid. Elke hoofstuk word afgerond met oordenkings, gedagtes oor ouerskap en ook gebede vir jouself vir jou belangrike taak as ouer.
Hierdie boek sal jou opnuut laat besef dat God die Vader vir jou kind sorg, selfs as jy nie kan nie.
Ook beskikbaar in Engels onder die titel Prayers for My Child

ISBN

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.