Die Krag van ’n Man Wat Bid Gebedeboek (Sagteband) By: Stormie Omartian

R39.00

Compare

Die meeste mans lei vandag so ’n gejaagde lewe, en selfs al wil hulle vir hulle vrou bid, sukkel hulle om tyd daarvoor te kry. Wanneer hulle wel die tyd kry, sukkel hulle om te weet waarvoor en hoe hulle vir hul vrou moet bid. As jy een van daardie mans is, sal hierdie gebede jou lewe vergemaklik en verryk.

Om vir jou vrou te bid, is inderdaad een van die wonderlikste maniere waarop jy jou liefde vir haar kan wys. Die krag van ’n man wat bid bevat 60 gebede deur topverkoper-outeur Stormie Omartian wat as vertrekpunt kan dien om vir God se wysheid en seën vir julle huwelik te vra. Elke gebed fokus op ’n ander aspek van jou vrou se lewe – haar emosies, seksualiteit, vrese, gesondheid, prioriteite, ouerskap, ensovoorts – en sluit ’n teksvers in wat jou die hele dag sal bybly met plek vir persoonlike gebedsnotas.

Kies een aspek per dag om oor te bid en jy sal verstom staan oor die impak daarvan op jou lewe. Jy sal nie net antwoorde op jou gebede kry nie, maar jy sal ook groot veranderings sien in jouself, jou vrou en julle huwelik.

ISBN

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.