Debora die Profetes – Jill Eileen Smith

R249.95

Out of stock

Compare

Die verhaal van Israel se enigste vroulike rigter, Debora.
Debora is ’n uitgesproke en onverskrokke vrou. Sy glo in God, maar sukkel om die potensiaal in haar eie lewe te sien. As Israelitiese vrou sal sy trou en kinders hê, en haar kinders van Adonai leer – en dit is meer as genoeg om haar dae vol te maak.
Maar God het ’n ander plan vir haar. Vir byna 20 jaar al leef Israel onder die so te sê konstante vrees vir die Ka­naänitiese leër. En nou roep God vir Debora om haar volk van hierdie verdrukking te bevry. Sal haar geliefdes dit verstaan? Sal mense glo dat God haar geroep het? En kan die bedreiging wat Kanaän inhou, gestop word?
Met haar kenmerkende onberispelike navorsing en verbeeldingryke vertelkuns skets Jill Eileen Smith in Debora, die profetes die storie van Israel se magtigste vroulike rigter in ’n roman wat sowel boeiend as inspirerend is.

ISBN

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.