n Emosiebelaaide memoir van ’n ma wat haar kind in ’n motorongeluk verloor het.
Op Sondagoggend 1 Mei 2011 verander Jeanette Morton se lewe onherroeplik: Sy kry die gevreesde oproep dat haar kind dood is. In hierdie hartroerende memoir kyk sy terug op die lewe van haar twintigjarige seun Henno se lewe en die swart nag toe hy in ’n motorongeluk gesterf het. Sy onthou verskeie uitstaan-oomblikke wat hul gesin gedefinieer het en deel van Henno se intiemste gedagtes. Sy wroeg ook oor wat sy anders moes gedoen het en of God dan nie haar gebede gehoor het om haar kind te bewaar nie. Uiteindelik vind sy haar weg op die pad na genesing.
Met kort, aangrypende hoofstukke en treffende foto’s en illustrasies is die boek ’n viering van ’n baie spesiale jong man se lewe. Dit hanteer die tipiese vrae wat ouers het, soos: Het my kind seergekry? en Is my kind in die hemel? Terselfdertyd sal dit enige persoon wat al ’n kind aan die dood moes afstaan, help om weer lig aan die einde van hul eie treurproses te sien.
Anderkant die Ondenkbare – Jeanette Morton
R180.00
Out of stock
Compare
SKU: 9781415340561
Categories: 04 | Books, Afrikaans, Authors, Innerlike Genesing, Inspirerend, Jeanette Morton, Other - Authors, Verlies, Vroue
Tags: Anderkant die Ondenkbare - Jeanette Morton, innerlike genesing, Inspirerend, verlies
| ISBN |
|---|
Related products
-

Vroue Van Die Bybel Dagstukke (Sagteband) By: Ann Spangler,Jean E. Syswerda
R199.00 Quick View -

Jy kan God Vertrou – Nina Smit (90 oordenkings van Hoop)
R170.00 Quick View -

Goeie Christene Kan Uitrafel – Beth Moore
R129.95 Quick View -

My Gunsteling Bybel Oordenkings (Hardeband) By: Solly Ozrovech
R249.00 Quick View
