Jy Verstaan My Nie – Gretha Wiid

R150.00

Compare

Jy verstaan my nie! …ontdek die emosienele behoeftes van jou maat. Mans en vroue verskil wat so baie dinge betref – die manier wat ons dink, doen en redeneer. Vandaar seker die gespot oor mans wat van Mars af kom en vroue van Venus. As jy getroud is, het jy ongetwyfeld al ervaar hoedat jy en jou maat se emosionele verskille tot konflik gelei het – die spreekwoordelike twee planete wat soms sukkel om in harmonie op een wentelbaan te beweeg omdat hulle mekaar nie regtig verstaan nie. – Voel dit of julle op verskillende planete leef? – Is die kameraadskap in julle verhouding besig om te kwyn? – Glo jy dat jou maat jou nie altyd verstaan nie? – Het julle huwelik in gewoonte verval, maar jy begeer méér? – Vervul jy al jou maat se emosionele behoeftes? In, Jy Verstaan My Nie!, sal jy die dinge leer ken wat elke man en vrou laat tick en daarmee saam nuutgevonde emosionele vervulling in jou huwelik ervaar. Bekyk jou maat met nuwe oë en leer om fees te vier oor julle verskille en grille. Jy sal besef dat God nie twee mense op verskillende planete in gedagte gehad het nie, maar wel ‘n man en vrou met ‘n hemelse ervaring – ‘n ervaring wat ook vir jou beskore is.

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.