‘n Skatkis vol Stories – Joy Mol

R89.90

Out of stock

Compare

’n Skatkis vol stories is propvol storie-avonture en lekkerlees-verhale wat 5-8-jariges sal help om Bybelse waarhede te ontdek.
Leer vandag nog vir kleingoed waardevolle lewenslesse sodat hulle die ewigheid aan die voete van die Groot Storieverteller kan deurbring.
Die pragtige en opwindende stories in ’n Skatkis vol stories help jong harte om die “versteekte skatte” in elke storie en die lewe te vind, soos wat dit beteken om vir jou medemens om te gee, eerlik te wees, jou geloof met ander te deel en hoe om die ewige lewe te beërf. Elke verhaal word afgesluit met iets om God voor te dank, asook iets prettigs om te doen of te maak. Die verhale word pragtig afgerond deur die bekoorlike illustrasies van Catherine Groenewald.
’n Skatkis vol stories stel kinders van jongs af bekend aan eeue oue Skrifwaarhede en beginsels wat hulle sal leer om werklik seuns en dogters na God se hart te word.
Ook beskikbaar in Engels onder titel Grammy’s Treasure Chest

ISBN

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.