Leef Voluit en Vreesloos – Joyce Meyer

R145.00

Compare

Leef voluit en vreesloos sal jou help om vandag te bou aan ’n lewe met selfvertroue.
Vroue in vandag se samelewing gaan gebuk onder gevoelens van onsekerheid. Om daarvoor te vergoed is hulle geneig om ’n vals beeld van sekerheid en selfvertroue te projekteer, wat uiteindelik tot gevoelens van skaamte lei. Hierdie gebrek aan selfvertroue veroorsaak probleme in alle verhoudings, en in huwelike kan dit selfs tot egskeiding lei. In Leef voluit en vreesloos (in sy nuwe gerieflike kleiner formaat) ondersoek Joyce die sewe kenmerke van ’n vrou met selfvertroue, waaronder ’n vrou wat weet dat sy geliefd is, wat weier om in vrees te lewe, en wat nie leef deur haarself met ander te vergelyk nie. Ware selfvertroue is om geloof in Christus te hê en bereid te wees om te leer. Vroue is ’n kosbare geskenk van God aan. die wêreld. Dit is ook waar van jou. Leer hoe om vrees te oorkom en met vertroue ’n opwindende, betekenisvolle en doelgerigte lewe tegemoet te stap
Joyce Meyer is ’n New York Times -topverkoperskrywer en een van die wêreld se voorste praktiese Bybelonderwyssers met haar TV- en radioprogram Enjoying Everyday Life wat op meer as 450 televisienetwerke en 400 radiostasies wêreldwyd uitgesaai word. Sy het al meer ’n honderd boeke geskryf wat in meer as ’n honderd tale vertaal is. Haar topverkopers sluit in Onwrikbare vertroue, Beauty for Ashes en My tyd met God .

ISBN