Gebede en oordenkings wat vroue nader sal bring aan die hart van hulle hemelse Vader.
Elke vrou se storie verskil, haar behoeftes en haar vrese. En elke vrou het ’n spesiale gebed wat sy uit haar hart vir haarself of ’n geliefde wil bid.
Gebede vir ’n vrou se hart help vroue waar woorde ontbreek en gee leiding waar insig kortkom. Met ’n gebed en oordenking oor verskeie fasette van die lewe – van vrese en veiligheid tot volharding en lof – gee dié boek vir vroue gebedsadvies vir hulle goeie en ook slegte tye.
| ISBN |
|---|




