Dink Nuut Leef Nuut (Sagteband) By: Arnold Mol

R155.00

Compare

In die Bybelstudie Dink nuut, leef nuut lei dr. Arnold Mol gelowiges in 10 studies om te verstaan dat jou gedagtes, wil en optrede uit jou hart ontstaan. Om gedrag te verander is ’n volledige hartsverandering en vernuwing deur die Gees nodig.
Aan die hand van persoonlike ervaring, insiggewende besprekings en insigryke vrae sal Arnold Mol lesers lei om te ontdek hoe hulle hul harte kan beskerm teen aanvalle van die Bose.
Hierdie studie, wat sterk steun op die Skrif en temas insluit soos hartoorplantings, die tekens van ’n hartaanval en oefeninge om die hart te versterk, bied alles wat ’n mens nodig het vir ’n gesonde hart wat dit in die Here verbly.

ISBN