Die Spreuke 31-Vrou – Allette Winckler

R119.00

Out of stock

Compare

Miskien het jy nog altyd vinnig by Spreuke 31 verbygeblaai.
Wow! Daardie Bybelse supervrou laat jou darem baie minderwaardig voel.
Sy werk van die môre tot die aand en doen alles perfek! Hoe hou sy al die balle in die lug?
Hierdie vrou is egter net ’n gewone vrou wat haarself beskikbaar gestel het aan ’n uitsonderlike God – en nou ’n seën is vir almal om haar.
In plaas van om te dink jy sal nooit in haar voetspore kan stap nie, sien dit as ’n voorbeeld van wat jy wel kan regkry.
ALETTÉ WINCKLER het besluit sy gaan lees presiés wat Salomo sê.
En dan kyk watter verskil dit maak as sy dit ’n maand lank lééf. Haar slotsom? ’n Gewone vrou kán al hierdie dinge wees! ’n Vrou net soos jy!
In hierdie boek kry jy praktiese raad en inspirasie uit die Woord.
Elke hoofstuk word saamgevat deur Bybelstudievrae wat tydens jou stiltetyd of in ’n kleingroep oor nagedink kan word, sodat jy die beste word in elke aspek van jou lewe:
•Geloof
•Huwelik
•Moederskap
•Werk
•Huis
•Skoonheid
Of jy getroud, enkellopend, ’n tuisbly-ma of loopbaanvrou is – jy sal geïnspireer word deur die tydlose wysheid van hierdie Spreukevrou.
So, gaan jy die uitdaging aanvaar?

ISBN

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.