16 studies oor God se ewige liefde, sy oordeel en onverdiende vergifnis.
Daar lê ’n rykdom insigte opgesluit in die Ou-Testamentiese boek Hosea, wat soveel meer inhou as die profeet se huwelik met die ontroue Gomer. Dit vertel ook van God se ewige liefde, sy oordeel en onverdiende vergifnis.
In die Bybelstudie Hosea ondersoek Johan Smit nie net die hooftemas van Hosea nie, maar kyk ook in goed nagevorsde detail na die profeet Hosea, en gee verrassende insigte oor sy persoonlike lewe, die historiese konteks van die Israeliete en hulle leefwêreld, God se boodskap wat Hosea aan die afvallige Israeliete moes bring, en hoe daardie boodskap ons vandag raak.
Deur middel van 16 studies en die volledige Bybelteks van die Ou-Testamentiese boek Hosea, kry die Bybelboek nuwe betekenis vir die moderne leser.
| ISBN |
|---|
Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.





Reviews
There are no reviews yet.