Sielsverrykende Bybelse beloftes en inspirerende oordenkings deur topverkoper-outeur Nina Smit.
God se Woord is gevul met beloftes wat vrede, leiding, wysheid en perspektief bied.
Deur te fokus op sommige van God se kosbaarste beloftes in die Skrif sal hierdie belofteboekies vroue in enige lewenseisoen bemoedig en versterk. Die boekie bied kort, inspirerende oordenkings oor 30 temas spesiaal uitgesoek uit topverkoper-dagboeke deur Nina Smit. Elke oordenking word verder gekomplementeer met ’n verskeidenheid teksverse wat lesers verder verseker van God se getroue beloftes.
Hoop vir elke dag, deur Nina Smit, kombineer verfrissende oordenkings en sielsverrykende beloftes uit God se Woord wat nuwe lewe sal blaas in vroue se wandel met die Here.
Hierdie belofteboekie is die perfekte geskenk vir besige mans en vroue wat deur God se beloftes verkwik en versterk wil word.
GB112
| ISBN |
|---|
Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.





Reviews
There are no reviews yet.