Die Liefdesbriewe – Beverly Lewis

R199.95

Compare

Die krag van liefdevolle woorde.
Marlena het geen idee hoe sy die versorging van ’n baba saam met haar daaglikse pligte gaan be­hartig nie. Ge­lukkig behoort dit nie langer as ’n paar weke te wees nie, net tot haar suster uit die hospitaal ontslaan word …
Marlena Wenger se lewe neem ’n onverwagte wending wanneer sy haar vervreemde suster se baba moet versorg. Terwyl sy die somer in Brownstown, Pennsilvanië, deur­bring om haar Menno­nitiese ouma te help en ver van haar Ou Orde Amish-kêrel af is, is sy ver buite haar gemak­sone.
Dan is daar ook haar ouma se gawe buurvrou, Ellie Bitner, wie se seun ’n vreemdeling in almal se lewens inbring wat met die vreemdste stel liefdesbriewe in sy sak rond­loop.
Die liefdesbriewe sal jou herinner van die krag van liefdevolle woorde en hoe een brief jou lewe kan verander.

ISBN

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.