Sterk en dapper Bybelse helde wat die wêreld verander het vir Jesus.
Wat het Simson, Dawid en Jesus in gemeen? Jy’t reg geraai! Hulle is helde … en jy is ook een! Jy is God se spesiale helper, want Hy het ’n spesiale werk wat nét jy kan doen.
Dit is die boodskap wat Carolyn Larsen in Superhelde – Storieboek by seuns tuisbring. Hierdie ongelooflike stories uit hulle groot helde-gids – die Bybel – sal hulle leer dat God ’n spesiale plan vir almal het. Die 24 stories uit die Ou en Nuwe Testament word versterk deur aksiebelaaide illustrasies met ’n strokiesprent-gevoel. Dit sal vir seuns ’n prentjie skets van hoe sommige van God se grootste helde se lewens gelyk het.
Elke storie het ook ’n karaktertrek van ’n superheld, wenk vir die jong leser en spesiale kernvers. Dan is daar ook ’n engel-held wat op die bladsye vir seuns wegkruip.
Superhelde – Storieboek sal seuns laat besef hoe belangrik hulle in God se koninkryk is.
Ook beskikbaar in Engels Super Heroes Storybook
| ISBN |
|---|
Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.





![My Favourite Story Bible [Hard Cover]](https://zoechristianbookshop.co.za/wp-content/uploads/2025/12/My-Favourite-Story-Bible-275x275.webp)


Reviews
There are no reviews yet.